Herlewing -- Die Vermiste Skakel

Waarom kom daar nie herlewing in my gemeente nie?
Alhoewel daar verskeie redes kan wees waarom die Here nie gebede vir herlewing antwoord nie, is een van die belangrikste omdat Jesus Christus se Groot Opdrag nie bo-aan die Kerk en gemeente se prioriteitslys is nie. Jesus Christus se Groot Opdrag behels nie slegs plaaslike en oorgrens uitreiking nie -- dit behels die uitdra van die Evangelie na die onbereikte wêreld en uiteindes van die aarde!
Wat het Jesus Christus se Groot Opdrag en herlewing met mekaar te doen?
Die bruid van Christus sal verteenwoordigend wees van elke volk, stam en taal -- en Jesus Christus is haastig om Sy bruid te kom haal! Die Bybel (of minstens een van die Evangelies) is die enigste boek in die geskiedenis van die wêreld wat binne die volgende paar jaar in 'n verstaanbare taal en vorm (oudio, video, digitaal of druk) tot elke mens op aarde se beskikking sal wees! Jesus se wederkoms is die volgende groot gebeurtenis op God se agenda -- en Hy is besig om die wêreld en Sy Kerk daarvoor voor te berei!
Jesus Christus sal geen gemeente met ware herlewing vertrou, wat Hy nie in die eerste plek kan vertrou met die uitvoering van Sy Groot Opdrag nie!
Waarom moet elke gemeente betrokke wees om die Evangelie na elke volk, stam en taal te help bring?
Want dit is die hooftaak waarmee God besig is in die wêreld.
Want dit is die hooftaak van die Kerk.
Daarom is dit die sleutel tot herlewing in die Kerk.

Om meer oor hierdie onderwerp te lees, volg die skakels na:
Is the Evangelization of the World the supreme task of the Church? deur Dr Oswald Smith
en
'Wanneer Sal Herlewing Kom?'
Hoe kan elke gemeente betrokke wees by die uitdra van die Evangelie na die uiteindes van die aarde?
1. In die eerste plek, deur 'n algehele oorgawe aan die Here se Woord-geopenbaarde wil, doel, hooftaak en roeping vir my, my kerk en gemeente.

2. Deur die gemeente se fokus voortdurend te rig op die hooftaak van God in die wêreld en die Kerk se wêreldsendingtaak, deur die prediking -- en nie slegs eenmaal per jaar met 'n sendingbyeenkoms nie.

3. Deur 'n doelgerigte ondersteunende rol te speel vir sendingbedieninge wat besig is om die Evangelie uit te dra na die uithoeke van die aarde en dit as 'n gemeentelike prioriteit te hanteer.

4. Deur lidmate te mobiliseer om die Evangelie digitaal te help uitdra na die mins-geëvangeliseerde wêreld. Projek KuberWêreld is spesifiek hiervoor geroep en wil graag ons visie met julle gemeente deel. Volg asseblief hierdie skakel na Projek KuberWêreld se Digitale Wêreld-Uitreikprojek.
| Tuisblad |
| Projek KuberWêreld Bediening
|
| Wêreld-Uitreikprojek |
| Afrikaanse Uitreikplatform
|
| Engelse Bronneblad | Medewerkers |
| Omtrent Ons | Kontak Ons | Bydraes |