Projek KuberWêreld


Projek KuberWêreld is 'n evangelisasie bediening wat die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld met die Evangelie van Jesus Christus teiken deur die internet en digitale media. Met behulp van die Internet word mense met die Evangelie bereik waar geen sendeling, Bybel of Christelike hulpmiddel toegang het nie. Sedert 2013 het Projek KuberWêreld reeds miljoene met die Evangelie bereik deur die internet.

Scroll down

Die onbereikte wêreld word spesifiek geteiken en meeste van hierdie mense woon in ongeëvangeliseerde lande van die wêreld, vanaf Afrika tot in Asië en die Midde-ooste. Om ons teikenvelde te bereik plaas ons advertensies en flitse op internet media soos Facebook, waardeur ons spesifieke sendingvelde teiken.

Scroll down

Projek KuberWêreld teiken die Onbereikte Wêreld met die Evangelie met behulp van webblaaie en boodskappe wat spesiaal geskep word vir ons gehoor. Die Help Me Find God webblad is een van ons webblaaie wat spesifiek geskep is om mense van ander gelowe bloot te stel aan die Bybel as Woord van God en die Evangelie van Jesus Christus. Op ons Bronneblad is 'n lys van uitreik-webbblaaie wat ons gebruik om die Evangelie die wêreld in te stuur.
Scroll down

Projek KuberWêreld het reeds miljoene persone in die mins-geëvangeliseerde wêreld met die Evangelie bereik met die Evangelie van Jesus Christus.
Scroll down

Terwyl Projek KuberWêreld uit die 'lug' die ‘bomme’ van die Evangelie ‘afgooi’ op lande wat gesluit is vir die Evangelie, ‘veg’ ander sendingorganisasies op die grond regdeur Afrika tot in die 10/40 venster lande om die Evangelie uit te dra na die Onbereikte Wêreld.
Scroll down

Ons nooi jou om deel te word van Projek KuberWêreld se Evangeliebediening aan die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld en so Jesus se Groot Opdrag te help voltooi.

Volg die skakel om meer te lees
© Kopiereg 2018 Projek KuberWêreld.
Alle Regte Voorbehou.

| Privaatheid | Vrywaring