Projek KuberWêreld Wêreld-Uitreikprogram

Waarom moet elke Christen en gemeente betrokke wees by die uitdra van die Evangelie na die onbereikte wêreld? Lees hier

Word 'n digitale wêreldsendeling wat help om die hele wêreld met die Evangelie te bereik -- met 'n skrapsie van jou tyd en die koste van 'n paar brode en vissies!

Om hierdie bladsy op jou sosiale media met andere te deel is so maklik soos die druk van 'n knoppie!

Hieronder wys ons vir jou stap vir stap hoe jy kan uitreik met die Evangelie na die mins-geëvangeliseerde wêreld deur advertensies op Facebook te plaas. Met betaalde advertensies kan mens 'n baie groter gehoor bereik met die Evangelie. Dit is eenvoudig en bekostigbaar — enige persoon kan dit doen. Al wat jy nodig het is ‘n Facebookblad en ‘n bank debiet- of kredietkaart. Met 'n klein bedraggie vanaf ongeveer R100 per maand, kan jy honderde en selfs duisende mense bereik wat nie jou vriende is nie. Dit is opsioneel om meer per maand te bestee. Is jy bereid om R100 per maand te investeer om die wêreld te help bereik met die Evangelie?

Hier volg ‘n kort opsomming van die prosedure met 'n volledige beskrywing onder.
  1. Skep ‘n uitreikbladsy op jou Facebook profiel.
  2. Deel ‘n Evangeliese uitreikblad of -artikel op jou Facebook uitreikblad -- Projek KuberWêreld het die skakelflitse en advertensies klaar vir jou geskep op ons uitreikblaaie.
  3. “Boost” jou pos na ‘n mins-geëvangeliseerde land van jou keuse op die lys van lande teen so min as R25 per dag vir 'n paar dae per maand.
  4. Hou die resultate dop in jou Ad Centre en prys die Here vir elke persoon wat op jou advertensie klik. Epos jou resultate aan Projek KuberWêreld die einde van die maand sodat ons dit kan insluit in die groottotaal en die maandelikse nuusbrief.
Hoe om 'n wêreld-uitreikbediening op Facebook te bedryf
1. Skep 'n Uitreikbladsy op jou Facebookblad

Om 'n Facebook Uitreikbediening te begin moet jy 'n 'fan' of 'business' bladsy hê. Ons gaan hieronder vir jou wys hoe om 'n pos te 'boost' na 'n mins-geëvangeliseerde land. Jy kan 'n pos egter slegs 'boost' vanaf 'n 'business' of 'fan' bladsy. Ons stel voor jy skep vir jouself 'n spesiale 'Uitreikbladsy'. Skep jou bladsy in Engels.

Klik op die "Create" skakel heel bo aan jou persoonlike Facebookblad. Klik dan op "Page" en volg Facebook se instruksies om die blad te skep. Gee jou blad 'n gepaste naam. Let wel, dit sal 'n oorspronklike naam moet wees voor Facebook dit sal aanvaar. Onthou dat die naam van jou bladsy gaan bo-aan jou uitreikflitse verskyn. Waar Facebook vra wat die blad se webadres is, kies die 'geen webblad' opsie, behalwe as jy 'n webblad van jou eie het.

2. Deel 'n Projek KuberWêreld uitreikblad of artikel op jou Facebook Uitreikbladsy
2.1. Maak die Engelse Bronneblad oop in jou webblaaier by hierdie skakel en laai die uitreikboodskap van jou keuse.

Volg die skakel hierbo om  Projek KuberWêreld se volledige lys van uitreik-webblaaie te laai.

2.2. Kies jou uitreikblad of artikel versigtig.

Wanneer jy 'n uitreikveldtog wil loods moet jy die uitreikboodskap wat jy gebruik versigtig kies met oorweging van jou teikenveld. Besluit eers watter teikenveld of land jy wil teiken met jou boodskap en kies dan die boodskap wat jy wil gebruik. Ons beveel aan dat jy eers self die uitreikboodskap lees wat jy wil gebruik. Jy sal ook vind dat sommige boodskappe korter is as ander, wat dan weer skakel na 'n ander webblad met 'n meer gedetaileerde Evangelieboodskap.

2.3. Deel die uitreikblad se skakelflits na jou Facebook Uitreikbladsy
Deelknoppies

Illustrasie 3 wys hoe die venster lyk wat oopmaak wanneer jy op Facebook se deelknoppie op die uitreikblad klik. Die advertensie bevat outomaties die skakel na die uitreikblad wat jy deel.

1. Klik op die Facebook knoppie op die deelknoppies in die artikel van jou keuse om die skakelflits te deel na jou Facebook Uitreikbladsy. Die "Share on Facebook" venster sal nou oopmaak. Maak nou die venstertjie "Share to News Feed or story" links-bo oop en kies die bestemming van jou skakelflits -- jou Uitreikbladsy.

3. Daar onder sal jy 'n opmerking lees wat sê, "Say something about this". Hier kan jy nou jou eie boodskappie deel. Wat jy hier deel is egter van kardinale belang -- dit sal bepaal of die ontvanger op die skakel gaan klik of nie. Moenie 'n lang storie skryf nie -- hou dit kort en bondig -- en maak seker daars nie spelfoute nie! Wat jy hier skryf moet mense prikkel om meer te wil lees en op die skakel te klik. Maak seker dat die sinnetjie wat jy gebruik pas by die boodskap van die uitreikblad.  Hier is 'n paar voorbeelde wat jy kan gebruik:

We have found the answer
When you're longing for peace of mind
Searching for answers in a mixed-up world
When life has lost its glitter
Time is running out -- we're almost there
Is your life in a dead end? Enter a new dawn with God
If you are looking for purpose, this message is for you
If you are looking for hope, this message is for you
The ultimate story of victory and hope
Two Messiahs are coming soon - a false one and a true One. You have to choose who you follow before its too late
The most important choice ever
The ultimate survival story

4. Klik nou op die blou "Post to Facebook" balkie heel onder om die skakelflits op jou uitreikbladsy te pos.

Illustrasies 4 tot 6 is verdere voorbeelde van hoe die skakelflitse of advertensies lyk wanneer jy 'n uitreikblad deel op jou Facebookblad.

3. "Boost" jou skakelflits

Klik nou op die "Boost" knoppie regs onder aan die skakelflits op jou Facebookblad.  Die 'Boost Post' venster (Illustrasie 7 hieronder) sal nou oopmaak. Daar is sewe afdelings wat jy moet voltooi. (Let wel dat Facebook van tyd tot tyd veranderings aanbring aan die beskikbare keuses):

3.1 Objective: Kies, "Send people to your website".

3.2 Post Button: Kies, "Learn More".

3.3 Audience: Hierdie is die belangrikste afdeling van jou veldtog. Nou moet jy besluit waar is jou teikenveld. Wie wil jy bereik? Watter areas of lande wil jy bereik?

a) Kies, 'People you choose through targeting'. Klik op 'Edit' of 'Create new audience', Die 'Create audience' venster sal oopmaak.
b) Kies nou 'n naam vir jou 'audience', byvoorbeeld die naam van die land of 'Onbereik' as jy meer as een land terselfdertyd teiken,
c) 'Gender': kies 'All'.
d) 'Age': kies '18-65+'.
e) 'Locations': Kies nou die land of lande wat jy wil bereik. Jy kan tot 25 lande op een 'audience' plaas, maar met 'n klein begroting stel ons voor jy fokus op een of twee lande per maand. Sien hieronder watter lande jy moet teiken.
f) 'Detailed targeting': Onder 'Include people who match', kies 'English' om diegene wat Engels verstaan in jou teikenlande te bereik. Daar is ook vele ander opsies onder hierdie afdeling wat jy kan kies, maar ons stel voor dat jy jou gehoor so wyd as moontlik definiëer en slegs hou by taal en land.

Watter land of lande moet jy teiken?

Die volgende is voorbeelde van lande wat as mins-geëvangeliseerd beskou word. Afghanistan, Algeria, Azerbaijan, Bangladesh, Bhutan, Cambodia, Egypt, Indonesia, India, Iraq, Jordan, Laos, Libya, Morocco, Myanmar, Malaysia, Nigeria, Nepal, Oman, Philippines, Pakistan, Saudi Arabia, Thailand, Tunisia, Turkey, United Arab Emirates, Vietnam, Yemen.

Daar is baie ander lande wat nog hierby gevoeg kan word en binne die 10/40 venster val. Lande waar Projek KuberWêreld goeie reaksies in die verlede verkry het is onder andere, Indië, Bangladesh, Pakistan, Somalië, Ethiopië, Egipte en Turkye. Daar is 'n paar lande wat nie deur Facebook bereik kan word nie soos, China, Iran en Noord-Korea. Vir meer inligting oor elke land kan jy Operation World raadpleeg.

Illustrasie 7

Facebook Boost Post Page

3.4 Automatic Placements: Skakel aan.

3.5 Duration and budget: Hier moet jy besluit hoeveel jy bereid is om te spandeer op jou uitreikveldtog. Facebook gee vir jou 'n beraming van hoeveel persone jy per dag kan bereik met jou begroting in jou teikenveld. Onder 'Estimated people reached' kan jy sien hoeveel mense jy by beraming kan bereik per dag. Natuurlik, hoe meer jy spandeer, hoe meer mense bereik jy. Maak hierdie saak met die Here uit en besluit hoeveel jy per maand kan investeer in jou internet uitreikbediening.

Ons beveel aan dat jy jou skakelflits slegs vir een of twee dae per maand 'boost', vir strategiese redes wat ons met jou sal bespreek per epos.

3.6 Tracking conversions: Hou Facebook pixel afgeskakel.

3.7 Payment: Hier moet jy jou kaartbesonderhede verskaf sodat Facebook jou kan debiteer na afloop van jou veldtog of teen die einde van die maand.

3.8 Boost. Klik nou op die 'Boost' knoppie.

Facebook sal nou jou advertensie nagaan en jou laat weet wanneer dit goedgekeur en lewendig is. Dit gebeur gewoonlik binne 'n paar uur, somtyds selfs korter.

4. Volg en rapporteer die resultate

Wanneer jy op die 'Ad Centre' knoppie op jou Uitreikbladsy klik, sal jy die resultate van jou uitreikveldtog sien. Facebook toon dit ook onderaan die skakelflits wat jy 'geboost' het. Jy kan ook die resultate op Ad Manager sien.

Ons versoek nou dat jy teen die laaste dag van die maand jou resultate aan ons sal epos dat ons daaroor kan verslag doen in die maandelikse nuusbrief. Maak seker dat die tydsperiode van jou statistieke slegs die een betrokke maand se syfers insluit. Jy kan die periode van jou resultate spesifiseer in die venstertjie regs bo in Ad Centre.

Stuur jou resultate na admin@sepprograms.com. 'n Maklike manier om dit te doen is om 'n 'Snip' of skermgreep van jou resultate te neem en dit aan ons te epos. Indien jy enige vrae het, kan jy met ons kommunikeer by hierdie eposadres.

5. Word 'n finansiële vennoot

Om hierdie digitale uitreikaksie moontlik te maak moet ons 'n kantoor instand hou waar ons die uitreik webblaaie skep, instand hou en internet diensverskaffers moet betaal wat 'n oorhoofse koste meebring. Ons reik self ook digitaal uit na die Onbereikte Wêreld met die begroting tot ons beskikking. Ons kan hierdie bediening slegs uitvoer met die finansiële ondersteuning van die kinders van die Here. Ons versoek dus dat jy en jou gemeente dit biddend sal oorweeg om ook finansieel betrokke te word by hierdie bediening. Met 'n vrywillige maandelikse bydrae kan julle 'n belangrike aandeel hê in die bereiking van die wêreld met die Evangelie. Geen maandelikse bydrae is te klein om 'n verskil te maak nie. Volg hierdie skakel na ons bankbesonderhede.

Registreer hier om deel te word van Projek KuberWêreld se digitale wêreld-uitreikprojek
Registrasie plaas jou onder geen verpligting nie. Deur die vorm hieronder te voltooi en te stuur, maak jy dit vir ons moontlik om met mekaar te kommunikeer en kan ons jou op hoogte hou van verwikkelinge, inligting, nuwe webblaaie en artikels wat gepubliseer word. Daar is sekere inligting wat ons slegs per epos aan jou kan deurgee.
| Tuisblad |
| Projek KuberWêreld Bediening
|
| Wêreld-Uitreikprojek |
| Afrikaanse Uitreikplatform
|
| Engelse Bronneblad | Medewerkers |
| Omtrent Ons | Kontak Ons | Bydraes |