Projek KuberWêreld

Medewerkers

Die Here roep elke Christen en elke gemeente om die Evangelie van Jesus Christus te help uitdra na die uiteindes van die aarde. Lees meer hier.
Nou kan elke Christen 'n wêreldsendeling wees
Digitale Uitreiking
Jy kan 'n wêreldsendeling wees op een of meer van die onderstaande maniere
1. Begin 'n digitale uitreikbediening na die onbereikte wêreld vanuit jou eie huis met 'n skrapsie van jou tyd en die koste van 'n paar brode en vissies.

Om te lees hoe om 'n Projek KuberWêreld internet uitreikbediening na die onbereikte wêreld te begin, volg hierdie skakel.

2. Finansiële Ondersteuning

Projek KuberWêreld is geheel en al afhanklik van vrywillige bydraes van die kinders van die Here, en kan nie funksioneer sonder die finansiële betrokkenheid van Aärons en Hurs nie. Jy en jou gemeente kan ons arms omhoog hou deur julle finansiële ondersteuning. Geen maandelikse bydrae is te klein nie! Elke maandelikse broodjie en vissie maak 'n verskil. Ons bankbesonderhede is by hierdie skakel.

3. Gebedsondersteuning

Roep die Here jou om 'n Aäron en Hur vir Projek KuberWêreld te wees? Bid asseblief vir hierdie bediening. Jy kan ons arms omhoog hou deur jou gebedsondersteuning.  Al wat ons vra is dat jy Projek KuberWêreld se bediening op jou gebedslys sal plaas en soos die Here jou lei, vir ons in te tree in gebed. Ons wil ook graag op 'n maandelikse basis ons nuusbrief aan jou stuur en spesiale gebedsversoeke met jou deel. Daarom versoek ons dat jy die vorm onder aan hierdie webblad sal voltooi en stuur.

Plaas jou naam op ons nuusbrieflys
Voltooi en stuur asseblief die vorm hieronder om ons maandelikse nuusbrief te ontvang en op hoogte te bly van Projek KuberWêreld se bediening.
| Tuisblad |
| Projek KuberWêreld Bediening
|
| Wêreld-Uitreikprojek |
| Afrikaanse Uitreikplatform
|
| Engelse Bronneblad | Medewerkers |
| Omtrent Ons | Kontak Ons | Bydraes |