Projek KuberWêreld
Ons gesels oor jou leefwêreld

Hoe Om Sekerheid Van Redding Te Verkry

Jy moet die volgende waarhede persoonlik aanvaar en glo:

Sinner

1. Jy is fisies gebore as 'n sondaar omdat jy 'n sondige natuur van Adam en Eva oorgeêrf het as gevolg van die sondeval. Jy is gevolglik in 'n gebroke verhouding met God, en onder die oordeel van God gebore. Jou probleem is dus nie alleen dat jy sonde gedoen het nie, maar dat jy 'n sondaar is! Rom 5:12: "Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het .." Rom 3:23:  "want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, ..."

2. Jesus Christus het die volle straf vir jou sonde betaal aan die Kruis van Golgota met Sy bloed, deur Sy dood en opstanding uit die dood. As gevolg van Sy verlossende werk aan die Kruis kan jy geregverdig word en met God versoen word. Hierdie versoening en regverdigmaking is 'n gratis geskenk aan jou van God deur Jesus Christus. Rom 5:18:  "Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe." Ef 2:8,9: "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie."

3. Hierdie gratis geskenk van God moet deur jou ontvang word deur 'n vrywillige reaksie van jou eie Wil deur geloof in gebed; waarna die wedergeboorte sal volg as 'n daad van God en bewys van jou aanvaarding deur Hom as Sy kind. Joh 1:12: "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; .."

Hierdie vrywillige reaksie van jou Wil deur geloof in gebed moet minstens die volgende drie elemente bevat:

BELYDENIS — Dat jy 'n sondaar is, dat jy gesondig het, en dat jy onder die oordeel van God staan — 1 Joh 1:8,9: "As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig."

BEKERING — Jy moet jou rug draai op jou sondige lewe en gewillig wees om daarmee te breek — Han 3:19: "Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom, ..."

GELOOF — Jy moet ten volle glo in die Here Jesus Christus as jou persoonlike Verlosser en Here en Hom vertrou om jou te red van die straf, maar ook van die mag van sonde. Jy moet Hom ten volle vertrou met jou hele lewe — Heb 11:6: "En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek."

Neem nou 'n stap van geloof!

Dis eenvoudig! As jy die eenvoudige gebed hieronder bid in opregtheid en met erns deur jou rug te draai op jou sondige lewe, sal jy weergebore word en die Heilige Gees sal in jou gees kom woning maak. 'n Ander manier om dit sê is, Jesus Christus sal in jou hart kom woon.

Jy kan ook in jou eie woorde bid, maar dit is belangrik dat jy reg sal bid en dat jy sal bedoel wat jy sê. Jesus het gesê: ".. Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie."  Joh 6:37.(NAV)

Dierbare Here Jesus Christus, dankie dat U aan die Kruis van Golgota in my plek gesterwe het.
Ek bely dat ek 'n verlore sondaar is wat U redding, vergifnis en reiniging nodig het.
Vergewe asseblief my sonde en reinig my hart deur U kosbare bloed.
Kom woon in my hart en maak my U kind.
Kom herstel U doel in my lewe.
Ek neem U hierdie oomblik aan as my persoonlike Verlosser en Here.
Ek neem U op U Woord deur geloof en ek dank U dat U my gebed geantwoord het!
Amen.

Ons nooi jou om meer te lees by die skakels hieronder.
'Wil-Jy?' Skakels
Wil jy nou jou saak met God regmaak en seker maak van jou redding en wedergeboorte?
Volg hierdie skakel

Wil jy 'n hernude of dieper oorgawe aan die Here maak? Wil jy met die Heilige Gees vervul wees?
Volg hierdie skakel
'Lees-Meer' Skakels
Lees meer oor die doel van, en oplossing vir probleme en beproewing in jou lewe.
Die Oplossing

Lees meer oor God se doel met jou lewe en hoe om dit te vind.
Vind Jou Doel

Lees meer oor wedergeboorte en hoe om dit te ondervind.
Hoe Om Weer Gebore Te word
'Lees-Dieper' Skakels
Soek jy na ware vryheid? 
Word Vry!

Hoe Om Jou Ware Doel En Roeping In Die Lewe Te Vind
Volg hierdie skakel

Lees hier meer oor die vervulling met die Heilige Gees en hoe om dit te ondervind.
Volg hierdie skakel

Deel asseblief hierdie artikel met jou vriende op jou sosiale media

© Kopiereg 2018 Projek KuberWêreld.
Alle Regte Voorbehou.

| Privaatheid | Vrywaring